Mediasie is wanneer twee of meer partye in dispuut verkeer en hulle van ‘n onafhanklike, gekwalifiseerde persoon gebruik maak om ‘n gespreksproses te fasitiliteer sodat hulle tot ‘n aanvaarbare uitkoms van die konflik kan kom.
‘n Mediator is dus ‘n neutrale persoon wat in die beste belang van alle partye probeer optree.
Mediasie verskil van arbitrasie en litigasie in dié opsig dat die mediator nie self die besluite neem of die uitkomste voorskryf nie. ‘n Mediator bemagtig die partye in dispuut om hulle eie oplossings op basis van konsensus te vind.